Welkom by Taberna Dei Diamantstad

Ons is: God het altyd bedoel dat ons met Hom in ‘n lewende verhouding sal staan. By Taberna Dei wil ons mense en Jesus by mekaar bring. Die lewende Jesus se impak op ‘n mens wat Hom toelaat se lewe is so fenominaal dat jy ook nie anders kan as om ‘n verskil te maak rondom jou nie. Daarom is ons visie by Taberna Dei dat mense Jesus beleef en hul wêreld verander. Ons wil alle areas van die samelewing onder God se heerskappy bring. Jesus het vir die hele wêreld gekom. Taberna Dei is daarom ‘n kerk vir almal – groot, klein, jonk, oud, wit, swart, bruin en alles tussen in. In kort, ons gaan oor Jesus en ons gaan oor mense.

Die Here het ons ‘n spesifieke Woord gegee uit Jeremia 29:7 “Bevorder die belange van die stad waarheen ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.” Hiermee het Hy ons uitgedaag om nie inwaarts gefokus te wees nie, maar om op ons omgewing te fokus. Sy belofte is dat as ons ons omgewing seën, sal Hy na ons gemeente omsien. Natuurlik bly Hy getrou!

Ons het ‘n mandaat van die Here om op twee spesifieke areas te fokus: Leierskap & Opleiding en Kinders & Jongmense.

Ons vennote: In elke vennoot wat deel is van Taberna Dei se lewe wil ons vyf kwaliteite kweek. Ons wil hê mense moet in PLUGG:
P – Prys – Mense moet in ‘n lewende, passievolle verhouding met God staan
L – Liefhê – Mense moet in gesonde verhoudinge met mekaar leef
U –Uitgee – Mense moet hul talente en gawes aanwend om ander en hul omgewing te dien en te bedien
G – Groei - Mense moet die karakter van Jesus in hul lewens kweek
G – Gaan – Mense moet getuig en vertel van Jesus en uitreik na verlore mense

SONDAE DIENSTYE

Oggenddiens: 09h00 en Aanddiens: 18h00

Muurprop

Vir kinders van hoërskoolgaande ouderdom is Muurprop die plek om te wees.

Stars

Stars bring die koningkryk na kinders se harte op hul vlak op ‘n pret manier.

Die Dorpie

ñ Spesiale ruimte waar peuters hulself kan uitleef onder toesig.

Transformers

Die vaslegging van woord met unieke interaksies.