Stars

Kinders moet Jesus beleef!  Ons Stars is gefokus op ons kosbare kinders en bedien hulle op hul vlak op ‘n pret manier.  Daar word spesifiek vir verskillende ouderdomsgroepe voorsiening gemaak.  Elke ouderdomsgroep het spesifieke klassies en fasiliteite.

Ons “Dorpie” is waar 1-4 jariges in ‘n fantastiese omgewing kan speel onder toesig (en ouers ‘n breuk kry om mee te leef met die dienste )

“Transformers” maak voorsiening vir relevante bediening vir Gr. 6-7 kinders.

Raak betrokke: Kontak asb. die kerkkantoor vir meer inligting by: 053 831 2345 Maandag tot Vrydag 8h00-16h00.